iTunes

Opening the iTunes Store.If iTunes doesn’t open, click the iTunes icon in your Dock or on your Windows desktop.Progress Indicator
iTunes

iTunes is the world's easiest way to organise and add to your digital media collection.

We are unable to find iTunes on your computer. To download and subscribe to Solidariteit Radio by Solidariteit Radio, get iTunes now.

Do you already have iTunes? Click I Have iTunes to open it now.

I Have iTunes Free Download
iTunes for Mac + PC

Solidariteit Radio

By Solidariteit Radio

To listen to an audio podcast, mouse over the title and click Play. Open iTunes to download and subscribe to podcasts.

Podcast Description

Lindie vertel elke Maandag stories van hoop. By Solidariteit se maatskaplike inisiatief, Solidariteit Helpende Hand is ons nie net téén dinge soos kindermishandeling, armoede en nood nie. Ons is vír praktiese oplossings vir hierdie probleme. Vír liefde en hande vat. Op Dinsdagforum begin elke program met 'n kekkel en 'n bulk. Kallie en Alana verteenwoordig AfriForum, die burgerregte-inisiatief van Solidariteit, elke Dinsdag op Solidariteit Radio. Maak jy dié burgerregte-aktiviste die hoenders in of doen jy 'n dapper ding, staan Kallie en Alana elke week op DinsdagForum reg om vir jou die nodige erkenning te gee! Carina Roos is die aanbieder van Wêreldwyd op Woensdag. Die program fokus op Suid-Afrikaners in die buiteland en bring elke Woensdag vir jou die mooi van Afrikaans, kultuur en Suid-Afrika. Dirk Hermann deel elke week 'n paar warm Solidariteit-sake: 'n persoonlikheid van die week en 'n regsvraag. Harde Solidariteit-nuus vind hiér ook 'n platvorm - die program is immers nie verniet op Donderdae nie. Daarom laat val Dirk ook weekliks 'n bom van die week. Perspektief is 'n kontroversiële, ondersoekende nuusprogram waar daar oor aktuele kwessies baklei word, met kenners gedebatteer word en waar swak dienslewering aan die kaak gestel word. Luister na die frustrasies en verskynsels wat ons alledaagse lewe raak. Die program bevat ook interessante insetsels, soos Chalize Moran se Fokus op die Afrikaanse taal, Magdaleen Kleynhans se Fokus op opvoedkunde en onderwys. In Solidariteit is 'n program wat 'n opsomming gee van die week se gebeure in Solidariteit. Hierdie program sal ook weekliks op ander gemeenskapsradiostasies uitgesaai word.

Solidariteit Radio
View In iTunes
  • Free
  • Category: Non-Profit
  • Language: Afrikaans

Customer Ratings

We have not received enough ratings to display an average for this podcast.