Koma

Koma

Spoegwolf se vierde album, Koma, gaan jou voete onder jou uitslaan. Die groep van Stellenbosch, met ‘n reuse-aanhang landwyd, se album bestaan uit veertien snitte waarvan twee instrumenteel is. Dis liedjies en stories oor val en opstaan net om weer te val en weer op te staan. Stories oor die droom van liefde en die lig wat in elkeen van ons skyn. Daar is baie tyd aan die verwerkings spandeer en hard gewerk om die unieke Spoegwolf-klank te bemeester. Die liedjies op die album vloei van die een na die ander, van die eerste snit tot die laaste, net om weer en weer te luister. “Vir ons aanhangers wil ons sê: Kom ons kyk mekaar in die oë met hierdie album en geniet die reis waarop dit jou gaan neem.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada