14 Songs, 49 Minutes

EDITORS’ NOTES

Meisies, motors, musiek, mense en Snotkop. HKGK is pret van voor tot agter. Al die liedjies vibreer met energie en oorspronklikheid soos net Snotkop kan. Die styl is uniek, die stories laat jou dans en sing en “Cool Soos Koos Kombuis”, “Raak Vir My Rustig” en “Woestersous” is reeds treffers. Snotkop oortref op HKGK met sy vernuf as bobaas-musikant, -liedjieskrywer en -kunstenaar om musiek in ‘n nuwe rigting te neem. Snotkop is voor-in-die-koor met HKGK. Hier kom groot … pret!

TITLE TIME

About Snotkop

Snotkop, die bynaam kom van sy pa af, is Afrikaans se bekendste en gewildste rymkletser. Hy skryf self sy liedjies en die temas wissel van verhoudings, geluk en hartseer tot liefde, mense en wat dit is om Afrikaans te wees. Sy lirieke is eerlik en oud en jonk weet van die eerste noot presies waaroor dit gaan. Hy is sexy, vol energie en ‘n kunstenaar wat nie sukkel om ‘n gehoor, of dit ‘n paar mense is en of dit duisende by ‘n fees is, op hulle voete te kry nie. Op elkeen van sy albums druk hy sy eie unieke stempel af en sy kleurvolle styl is moeilik om na te boots. Op elkeen van sy albums neem hy dié wat na sy musiek luister op ‘n musiekreis. Hy speel met woorde en ritmes en skroom nie om heilige koeie te slag nie. Hy doen dit met ‘n glimlag, beïndruk gereeld met sy slim skryfkuns en sorg altyd vir verrassings. Snotkop word geken aan sy uniekheid en volg niemand na nie. Een ding is seker: Daar is net een Snotkop.

Songs

Albums

Videos

Listeners Also Played