Daar is min genres waarin Refentse nie tuis is nie. Sy dae as sypaadjiesanger in Vereeniging, kitsroem en verskeie optredes, het hom as kunstenaar geslyp. Vier Ghoema-toekennings later en optredes regdeur die land, is Refentse se tweede album vrygestel. Deur My Venster tref wyd met sokkie, saamsing en duette met mense wat ‘n invloed op sy musiek gehad het soos Laurika Rauch en Anton Goosen. Die ses liedjies wat Refentse vir die nuwe album geskryf het gaan oor meisies, mense en plekke. “Vuil Vanderbijl” en “Anoret” is reeds gunstelinge met die res op pad na sukses.
More By Refentse
Featured On
- Apple Music