HKGK

HKGK

HKGK het Snotkop voor-in-die-koor geplaas met 'n rits nuwe liedjies waarvan baie treffers geword het. Hy het geslaag in sy doel: "Ek wou net fun hê, elke dag, ook met die album en in my lewe, en ook dat my fans moes fun hê wanneer hulle na die songs luister, en party op die songs.” Die album was redelik gewaagd toe dit vrygestel is en Snotkop het gedink dis dalk net 'n bietjie te "rof en moontlik bietjie stout vir die kommersiële Afrikaanse mark". Die sukses met die album het treffers opgelewer soos “Cool Soos Koos Kombuis”, “Woestersous” en “Raak Vir My Rustig”. “Hoelykit” was sy persoonlike gunsteling: "Dis 'n mal, verloor-jou-kop song en ek het moerse fun gehad met die lirieke skryf". HKGK is nou volksbesit. Terloops... HKGK =HierKomGrootK*k.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada