Laat Die Dansvloer Brand

Laat Die Dansvloer Brand

Kurt Darren is die koning van Afrikaanse dansmusiek en Laat die Dansvloer Brand, sy nuutste vrystelling, gaan die voete laak jeuk en die heupe laat swaai. Die album het 14 snitte: van sokkie tot wang-teen-wang, akoestiese klanke en liedjies wat die lewe besing. Ná 'n loopbaan van 15 jaar weet Kurt presies watter liedjies selfs stoelsitters sover sal kry om kaptein van die dansvloer te word. Snotkop en Leah sing saam en Corlea Botha en Kurt het ook agter die mikrofoon ingeskuif. Laat die Dansvloer Brand gaan beslis dansvloere én harte laat brand.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada