Die Heuwels Fantasties (Deluxe Edition)

Die Heuwels Fantasties (Deluxe Edition)

In terugskouing is hierdie onafhanklike debuut vrystelling ’n bloudruk van wat vir aanhangers van Die Heuwels Fantasties sou voorlê. Uit die beskeie slaapkamers van hul ouerhuise het stigterslede Pierre Greeff, Hunter Kennedy en Johnny De Ridder ’n album gemaak wat spog met van hulle gewildste liedjies nl. "Klein Tambotieboom", "Leja" en "Pille Vir Kersfees". Dit het ook die MK (afrikaanse musiek kanaal)-generasie voorgestel aan Jack Parow deur middel van "Die Vraagstuk’". Vars na die ontbinding van Lukraaketaar (Akoestiese Afrikaanse Volks-Duo) het Pierre saam met Hunter en Johnny op ’n onbepaalde hiatus van Fokofpolisiekar (Afrikaans punk groep) ’n kans gevat op iets nuuts. Hulle wou die alternatiewe elektroniese musiek beweging se klanke meng met klassieke rock liedjiestrukture. Dit sou blyk om ’n goeie idee te wees, want hulle het daai jaar weggestap met onder andere die SAMA vir Beste Alternatiewe Album. Hierdie album is ’n hoeksteen vir die onafhanklike Afrikaanse musiekbeweging. Dit was die eerste album vrygestel op Supra Familias (Hunter en Pierre se onafhanklike platemaatskappy) wat gelei het na debuut albums vir Jack Parow (Afrikaanse kletsrymer) en Francois Van Coke (Rock sanger). Die album het ’n hele aantal samewerkings, meestal uit die Bellville-iete se vriendskap kring. Behalwe vir Francois van Coke op "Sonrotse" en Jack Parow op "Die Vraagstuk" verskyn Laudo Liebenberg met sy eerste Afrikaanse albumvertoning op "Hygduiwel". Elke Heuwels vrystelling vorentoe sluit menigte samewerkings in. Die vermenging van genres is opvallend. Iets wat kenmerkend sal wees van hul toekomstige albums. Die elektroniese Rythym ’n Blues-klanke van "Leja" sal later weer kop uitsteek in "Mejuffrou Sonneblom" (2021). Die Pop-punk invloede van "Pille Vir Kersfees" word weer herleef in "Maksimum Volume" (C’est La Vie) en die elektroniese volksverwerking van "Klein Tambotieboom" is te hore op meeste van hulle verdere vrystellings. Selfs die intieme ‘Pêrels en Lewensredders’ saam met Frieda Kruger née Van Den Heever se sensitiwiteite is later te hore op trane trekkers soos "Wind en Weer" (Wilder As Die Wildtuin). Die Heuwels se sukses was wel nie oornag nie. Dit het omtrent twee jaar gevat voor die hoofstroom media sal optel op die groep se unieke uiting van nostalge en genooi word om op te tree by konserte soos Huisgenoot Skouspel. Die Heuwels Fantasties betree ’n unieke plek in die Afrikaanse musiek bedryf. Dis alternatiewe musiek vir die massas. Poëtiese saamsing pop-musiek vir die familie rid wildtuin toe. Daai jaar het hulle ook Die Huisgenoot Tempo toekenning vir ‘Gewildste Kopskuif album’ gewen. ’n Titel wat die pas sou aan gee vir die jare vorentoe.

Other Versions

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada