Hierdie Is Die Lewe

Hierdie Is Die Lewe

2 jaar na die vrystelling van Francois Van Coke se self getitelde debut solo album, verskyn Hierdie Is Die Lewe in 2017. Dit sou altyd moeilik gewees het om die onverwagte veldbrand sukses van "Toe vind ek jou" (duet met Karen Zoid) te top, maar Francois het klaarblyklik nie sy aanhangers teleur gestel nie. Die voorgenoemde akoestiese ballade het gehelp om Francois as volksheld te vestig en met liedjies soos "Die Wêreld Is Mal" en "Dit Raak Beter (As Ek Ouer Raak)", wat konstant in sy Top 10 geluisterde liedjies en vertonings speellyste verskyning maak, het hy voortgebebou op sy voorliefde vir kwesbare ballades op hierdie vrystelling. Op "Hierdie is die lewe" fokus Francois en Die Gevaar hulle unieke beskouing van alternatiewe musiek nie net op ballades nie, maar ook op die verskerping van hulle liefde vir die Pop kant van die harder dinge wat strek oor dekades. Die eerste enkelsnit "Mensdom" het 'n onbetwyfelde tong-in-die-kies borrelgom-hook oor "n negentigs alternatiewe musikale groef waar "My Hart" weer herinner aan die tweeduisends se indie-rock groepe. Soet harmonieë, vinnige af-tokkel riffs en surrealistiese, voorstedelike tonele is die kenmerkende eienskappe van hierdie stuk werk. Francois Van Coke albums het nooit net een klank op nie, maar dit bly altyd 'n top-kwaliteit luister ervaring vir algemene rock aanhangers. Tweede albums is maak of breek en dit is duidelik in watter kategorie die ene val. Hierdie Is Die Lewe is 'n merkwaardige stap vorentoe vir die Afrikaanse punk troebadoer.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada