13 Songs, 50 Minutes

EDITORS’ NOTES

Lekkerkry saam met Snotkop. Sy nuutste album, SOUS, is beslis die sous werd. Dis stout, vol energie en trap so bietjie oor die lyn. Dertien nuwe snitte in tipiese Snotkop-styl met techno, sakkie-sakkie en skoffel, reggae, sokkie en dans. 'n Paar rustiger akoestiese liedjies sal jou 'n blaaskans gee tussen die wulpse "Souserig" en "Dik in Desember" en die gewaagde "Jeukerig" en "Plat Plaasmatras". Snotkop weet hoe om te vermaak. SOUS is vol Snotkop-talent wat die grense van vermaak, musiek, stories en genot in 'n nuwe dimensie instoot. Geniet die lekkerrrrr SOUS saam met Snotkop.

TITLE TIME

About Snotkop

Snotkop, die bynaam kom van sy pa af, is Afrikaans se bekendste en gewildste rymkletser. Hy skryf self sy liedjies en die temas wissel van verhoudings, geluk en hartseer tot liefde, mense en wat dit is om Afrikaans te wees. Sy lirieke is eerlik en oud en jonk weet van die eerste noot presies waaroor dit gaan. Hy is sexy, vol energie en ‘n kunstenaar wat nie sukkel om ‘n gehoor, of dit ‘n paar mense is en of dit duisende by ‘n fees is, op hulle voete te kry nie. Op elkeen van sy albums druk hy sy eie unieke stempel af en sy kleurvolle styl is moeilik om na te boots. Op elkeen van sy albums neem hy dié wat na sy musiek luister op ‘n musiekreis. Hy speel met woorde en ritmes en skroom nie om heilige koeie te slag nie. Hy doen dit met ‘n glimlag, beïndruk gereeld met sy slim skryfkuns en sorg altyd vir verrassings. Snotkop word geken aan sy uniekheid en volg niemand na nie. Een ding is seker: Daar is net een Snotkop.

Songs

Albums

Videos